BEKENDSTELLING:
Stimulus Maksima is 'n rekenaargebaseerde onderwysstelsel. Maar kom ons stel hulle self aan die woord:
Stimulus Maksima!® originated in 1995. We operate nationally through a well-established franchised system. Our pride is to render a service of excellence to hundreds of schools and private centres and thereby assist many thousands of scholars, students and adults to create a future . We employ specialist educators and we work closely together with therapists and psychologists to support our passion in assisting and motivating everybody in the world that desires to experience personal growth by fulfilling their God given potential. We address reading and mathematics preparation, the learn-to-read phase, as well as reading and mathematical improvement. Our reading improvement system empowers careers for scholars, students and adults. Our mathematical improvement system integrates with the curriculum from Grade 1 to 12. All our systems and courses are automatically remedial and are supported by a comprehensive assessment and reporting system. Real time progress reports are available.
Vir meer INLIGTING gaan loer op hul webwerf: https://www.stimulusmaksima.co.za
Die geleentheid /plan van aksie:
Die GKSA het 'n ooreenkoms met Stimulus Maksima dat 'n gemeente op hulle eie terrein 'n lokaal kan uitrus met rekenaars (op eie koste) en die Stimulus Maksima program daar gratis aanbied. Die gemeente betaal dus nie agentskapfooie nie - maar mag ook nie geld vra vir die program nie. Dit is 'n diens aan die gemeenskap. Die gemeente moet dit net reg bemark bv. aan gesinne met enkel ma's of so iets om regtige behoeftes aan te spreek. Daardie mense kom dan op die terrein deur die week. Mense kla mos jy kom nie by mense se huise en die komplekse in met konvensionele deur tot deur evangelisasie nie. Die persone wat die program bywoon maak op hierdie wyse kontak met lidmate wat die sentrum op 'n bepaalde dag of dae beman. Sodoende word daar verhoudings gebou waardeur mense ingetrek kan word by die gemeente. Dus - Behoefte gedrewe evanglisasie. Die gemeente sal slim moet werk om die kontakgeleenthede uit te koop.
PROSEDURE:
Indien u belangstel om van hierdie geleentheid gebruik te maak, kontak Expando by: Dr. Malan van Rhyn selfoon: 082 858 0538 of epos: mvanrhyn@telkomsa.net