Die nuutste nuus en gebeure waaroor ons opgewonde is, verskyn op die HOOFNUUS bladsy. Klik op die blokkie hiernaas om daar te gaan inloer.
|
BEKENDSTELLING
Met groot dankbaarheid teenoor die Here deel ons graag met u die begin van Expando, ‘n ondersteuningsdiens vir Bedieningstoerusting en begeleiding. Expando beteken uitbrei en bekendmaak. Dit gaan natuurlik in hierdie konteks oor die kerk en die evangelie. Dit is ‘n diens aan predikante en kerke om hulle te ondersteun met toerusting en begeleiding, om sodoende kerkgroei in hulle bediening te bevorder. Expando funksioneer onder leiding van Professor Naas Ferreira wat professor in Missiologie is by ons Teologiese Skool.
Dr. Malan van Rhyn is sopas deeltyds aangestel om met die grondwerk van Expando te begin. Sy rol is om die beplande dienswerk te koördineer en nodige kundigheid te betrek. Waar ons aan die beginfase van hierdie nuwe inisiatief staan hoop ons om die dienswerk van Expando so gou moontlik uit te brei soos wat dit finansieel moontlik word.
Die onmiddellike prioriteite wat nou aandag geniet sluit in
die bevordering van die geestelike gesondheid van predikante en hulle eggenotes,
die bekendstelling van kortkursusse en ander toerustingsmateriaal behulpsaam vir kerkgroei,
ondersoek van verdere knelpunte in die kerke,
hulp aan ons professore met die ontwikkeling van ‘n reeks MTh-grade by die NWU wat elkeen gerig is op praktiese kerklike bediening en spesialiseer in verskillende aspekte soos bv. Kerkgroei, Kerkplanting en Apologetiek. Van die vakke vir hierdie grade is bv. stedelike bediening, plattelandse bediening, bepaling van ‘n gemeente se gesondheid, persoonlike spiritualiteit, kultuur en evangelie, jeugbediening ensovoorts. Baie belangrik is dat hierdie vakke ook vir lidmate en enige persoon as toerusting beskikbaar sal wees om as kortkursus op hul eie te voltooi. Ons hoop om DV Januarie 2018 die eerste hiervan te kan aanbied.
Ons bid dat Expando ‘n groot hulp vir ons predikante en kerke sal wees om opnuut met vreugde oor die evangelie ons roeping van God in ‘n komplekse Suid-Afrika uit te voer tot bewondering en roem van sy Naam. Ons vra dat u voortdurend vir hierdie inisiatief sal bid.
Vir verdere navrae oor Expando kan u gerus vir Dr. Malan Van Rhyn kontak by mvanrhyn@telkomsa.net of 082 858 0538.