'n FOKUSTYD
Inleiding
'n Handige manier om die Kerkgroeiproses in jou gemeente bekend te stel, is ‘n FOKUSTYD. Tegelyk is dit 'n geleentheid om lidmate te begelei op ‘n pad van persoonlike vernuwing en herfokus op God se missie en ons roeping as kerke.
Die Fokustyd
‘n Fokustyd in ‘n gemeente is wanneer die hele gemeente vir ‘n bepaalde tyd hulself verbind om skerp te fokus op ‘n sekere tema. Ons het ‘n fokustydgids opgestel wat oor ses weke strek en deur die hele gemeente gevolg kan word. Die gids bied die ses temas van die Kerkgroeibediening op ‘n hanteerbare manier aan vir kerke om dit te verken. Die gids bevat preekwenke vir elke Sondag, dagstukkies en groepstudies vir elkeen van die temas.
Die voorstel is dat kerkrade oorweeg om hierdie fokustyd toe te pas in die ses weke.
Die gids kan HIER afgelaai word.
Hulpmiddel: 'n POSLYS
Nog 'n handige hulpmiddel is die daarstel van 'n poslys waardeur lidmate elke dag, daardie dag se dagstukkie per epos ontvang. Die goeie nuus is dat ons jou ook hiermee kan help. Skakel met ons en ons skep vir jou gemeente 'n poslys. Al wat jy hoef te doen, is om die lidmate te verwys na hierdie webwerf en wel na die INTERAKSIE bladsy. Daar sal hulle dan 'n inskrywingsvorm kan invul om deel te word van die poslys. Om hierdie fasiliteit te benut moet jy net vooraf (gee darem so week of twee tyd) met ons kontak om jou gemeente se unieke poslys te skep. Jy kan jou eie poslys versoek op die INTERAKSIE bladsy.
Kerke word aangemoedig om dit sover moontlik elektronies te benut en te versprei om koste te spaar of om dit asseblief self in A5-boekie formaat uit te druk vir lidmate wat dit nie elektronies sou kon volg nie. Staan asseblief ook kerke in julle klassis by wat nie drukkoste sou kon bekostig nie. Die deputate sal wel ‘n beperkte aantal uitgedrukte gidse beskikbaar hê in beide tale vir kerke wat geen ander uitweg het nie.