Laai die FOKUSBOEKIE af by hierdie skakels:
|
INLEIDING
"Ja," was die energieke en eenparige antwoord in 2012 toe ons as kerke die vraag gevra het: Moet ons iets aan die swak toestand van ons kerke en ons getuienis in ons gemeenskappe doen?
Op daardie oomblik het die lewende God in Sy oneindige genade ons gelei met Sy eie hand.
Hy het ons verskriklike swakheid en sonde vir ons gewys, maar ook Sy eindelose genade, sodat ons onsself kan bekeer in die vertroue dat Hy ons sal lei op die pad van Semper Reformanda. Altyd hervorm en die herbelyn volgens Sy Woord en werk in die wêreld.
Hierdie besluit het ons in beweging gebring om ons situasie te bestudeer en te verstaan en om biddend die pad wat ons moet neem te onderskei. Toe die resultate van hierdie studie voorgestel is aan ons kerke as die pad vorentoe in 2015, was die antwoord weer eens: "Ja!"
Dit alles het gelei tot hierdie boekie wat jy in jou hande het. Die doel van hierdie boekie is om alles wat gedoen is gedurende die proses tot reg in die harte en gedagtes van elke lidmaat en elke plaaslike kerk te bring. Daar is geen kerk daar buite iewers vir wie hierdie boekie is nie. Die kerk is ek en jy. Die proses is vir ons. Ons gedagtes, ons harte en ons hande as die liggaam van Christus self en die tempel van die Heilige Gees in hierdie wêreld.
Mag jy hierdeur werk en bid met 'n oop hart. Bereid om berouvol te bekeer waar nodig en vol geloofsvertroue in die evangelie dat die opgestane Here, Jesus Christus, jou sal lei en vorm deur sy Woord en Gees.
Griffel van Wyk
Kerkgroeibediening Deputate
2015
"Ja," was die energieke en eenparige antwoord in 2012 toe ons as kerke die vraag gevra het: Moet ons iets aan die swak toestand van ons kerke en ons getuienis in ons gemeenskappe doen?
Op daardie oomblik het die lewende God in Sy oneindige genade ons gelei met Sy eie hand.
Hy het ons verskriklike swakheid en sonde vir ons gewys, maar ook Sy eindelose genade, sodat ons onsself kan bekeer in die vertroue dat Hy ons sal lei op die pad van Semper Reformanda. Altyd hervorm en die herbelyn volgens Sy Woord en werk in die wêreld.
Hierdie besluit het ons in beweging gebring om ons situasie te bestudeer en te verstaan en om biddend die pad wat ons moet neem te onderskei. Toe die resultate van hierdie studie voorgestel is aan ons kerke as die pad vorentoe in 2015, was die antwoord weer eens: "Ja!"
Dit alles het gelei tot hierdie boekie wat jy in jou hande het. Die doel van hierdie boekie is om alles wat gedoen is gedurende die proses tot reg in die harte en gedagtes van elke lidmaat en elke plaaslike kerk te bring. Daar is geen kerk daar buite iewers vir wie hierdie boekie is nie. Die kerk is ek en jy. Die proses is vir ons. Ons gedagtes, ons harte en ons hande as die liggaam van Christus self en die tempel van die Heilige Gees in hierdie wêreld.
Mag jy hierdeur werk en bid met 'n oop hart. Bereid om berouvol te bekeer waar nodig en vol geloofsvertroue in die evangelie dat die opgestane Here, Jesus Christus, jou sal lei en vorm deur sy Woord en Gees.
Griffel van Wyk
Kerkgroeibediening Deputate
2015
INHOUDSOPGAWE met SKAKELS
WEEK 1: DIE MISSIE VAN GOD
PREEKWENKE
|
DAAGLIKSE OORDENKING
|
GROEPSTUDIE
>>> GROEPSTUDIE
|
WEEK 2: BEKEER!
PREEKWENKE
|
DAAGLIKSE OORDENKING
|
GROEPSTUDIE
>>> GROEPSTUDIE
|
WEEK 3: GEBED
PREEKWENKE
|
DAAGLIKSE OORDENKING
|
GROEPSTUDIE
>>> GROEPSTUDIE
|
WEEK 4: GROEI
PREEKWENKE
|
DAAGLIKSE OORDENKING
|
GROEPSTUDIE
>>> GROEPSTUDIE
|
WEEK 5: TOERUS
PREEKWENKE
|
DAAGLIKSE OORDENKING
|
GROEPSTUDIE
>>> GROEPSTUDIE
|
WEEK 6: INRIG
Die fokustyd formaat
'n Vergrootglas word gebruik om op die detail van iets te fokus. Hierdie boekie en die formaat is soos 'n vergrootglas. Dit help 'n kerk om saam te fokus op die onderwerp van God se missie (sendingsdoel) en die roeping en groei van sy kerk. Die formaat wat ons sal gebruik kan die 'fokustyd' formaat genoem word.
Hierdie fokus tyd pas in ses weke. Elke week fokus ons op 'n ander onderwerp. Elke onderwerp word verken op drie maniere: 'n preek, daaglikse oordenkings vir tuisgebruik en 'n groepstudie
'n Vergrootglas word gebruik om op die detail van iets te fokus. Hierdie boekie en die formaat is soos 'n vergrootglas. Dit help 'n kerk om saam te fokus op die onderwerp van God se missie (sendingsdoel) en die roeping en groei van sy kerk. Die formaat wat ons sal gebruik kan die 'fokustyd' formaat genoem word.
Hierdie fokus tyd pas in ses weke. Elke week fokus ons op 'n ander onderwerp. Elke onderwerp word verken op drie maniere: 'n preek, daaglikse oordenkings vir tuisgebruik en 'n groepstudie
Die ses onderwerpe wat ons sal ondersoek is: Die missie van God (Soli Deo Gloria), bekering, gebed, groei, toerus en inrig. Hierdie temas vorm die fondament, boustene en fokuspunt van die kerkgroei bediening soos deur Sinode 2015 goedgekeur.
Die volgende tabel toon hoe die fokustyd opgestel is oor ses weke:
WEEK 1: Die missie van God Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 2: Bekering Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 3: Gebed Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 4: Groei Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 5: Toerus Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 6: Inrig Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
Die volgende tabel toon hoe die fokustyd opgestel is oor ses weke:
WEEK 1: Die missie van God Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 2: Bekering Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 3: Gebed Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 4: Groei Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 5: Toerus Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
WEEK 6: Inrig Preek Oordenkings vir 6 dae Groepstudie
Indien jy hierdie formaat ken sal jy ook reeds bewus wees van die voordele van so 'n fokustyd vir jouself en jou kerk! As dit nuut is vir julle, wil ons julle kerk aanmoedig om 'n fokustyd soos hierdie in te stel vir elke jaar om op ʼn situasie wat vir julle relevant is te fokus.
Gereedskap vir verkenning
Die gereedskap wat gebruik word om die onderwerpe in die boekie te verken, sal nou kortliks verduidelik word:
Gereedskap vir verkenning
Die gereedskap wat gebruik word om die onderwerpe in die boekie te verken, sal nou kortliks verduidelik word:
Preekwenke
Vir elke onderwerp word dele van die Skrif voorgestel met preekwenke om die prediker te lei in die voorbereiding van 'n preek oor die onderwerp. Enige van hierdie voorstelle kan gebruik word. Enige ander teks wat die prediker mag verkies vir die aanspreek van die onderwerp kan ook gebruik word. |
Daaglikse oordenkings
Daaglikse oordenkings oor die onderwerp van die week word gegee vir Maandag tot Saterdag. Dit kan gebruik word op jou eie of as 'n huishouding. Besluit op 'n vasgestelde tyd in jou skedule. Dit kan selfs help om jou of jou huishouding terug in die ritme te kry van daaglikse oordenkings as dit is nog nie 'n gereelde praktyk is nie . |
Groepstudies
Julle kan bestaande groepe in julle kerk hê of glad nie. Indien julle bestaande groepe het, vra hulle om hierdie studies vir die ses weke volg. Indien julle geen of net ʼn paar groepe het, is hierdie fokustyd ideaal om nuwe groepe te vestig. Nooi alle lidmate om hulself te verbind om saam te kom in hul wyke onder die leiding van hul ouderling (of ander leier) vir die duur van die ses weke as deel van die fokustyd. Dit mag dalk makliker vir hulle wees om hulself vir 'n korter tyd so te verbind en dan kan hulle dit hopelik so geniet dat hulle sal voortgaan in hulle nuwe groepe. |
Geniet jou fokustyd en beweeg daardeur met biddende verwagting dat die Here dit sal gebruik in jou lewe en die kerk, want sy Woord keer nooit leeg terug nie!
WEEK 1
|
DIE MISSIE VAN GOD
Die uitdrukking Missie van God word gebruik om te praat oor die enkele groot saak waarmee God besig is sedert voor die skepping en mee besig sal wees selfs na die herskepping. Die missie van God verwys na die groter doelwit waarmee God besig is deur alle eeue en waarin God die Vader mense wil laat deelneem. Dit is die rede hoekom Hy Adam en Eva geskape het, dit is die rede waarom die Seun, Jesus Christus, verlore sondaars red en roep om Sy dissipels te wees en dit is die doel waarvoor die kerk geroep is om voor te werk onder leiding van die Heilige Gees totdat die einde kom. Adam, Abraham, Paulus en jy is geroep vir hierdie een doel. Dit uiteindelike doel is: ... Die Verheerliking van God! Dit is eintlik niks nuuts nie. Dit was ook die groot fokus en dryfkrag van die hervormers van die hervorming: Soli Deo Gloria! Alles, selfs die natuur, bestaan slegs vir die verheerliking van God. Die doel en dus missie (sending) van alles is God se heerlikheid. Maar dit is presies hier waar ons sukkel en verskriklik misluk. Ons sonde het ons band met God gebreek en ons leeg en seer gelaat. Ons fokus is nou op onsself as die middelpunt van ons bestaan. Die gevolg is dat ons eerder eerste soek vir ons eie eer en dat ons selfs aanstoot neem dat al die heerlikheid vir ewig aan God alleen behoort. Dit is waar ons moet begin ... Daarom, laat ons hard bid en hard werk om weer 'n duidelike fokus op God se missie vir God se glorie te kry, met duidelikheid waar ons inpas in. |
Week 1
|
PREEKWENKE
Hier is 'n paar nuttige tekste en wenke vir prediking oor die missie van God: Die wieg van die missie: die Drie-eenheid!
Die mens se redding is nie die belangrikste doel nie, God se heerlikheid is!
Baie gestuurdes - een missie
Ruik mense jou of Christus?
Die missie van God is ewig!
|
MAANDAG
Week 1 |
Die oorspronklike missie
|
DINSDAG
Week 1 |
Missie nie gekanselleer nie!
|
WOENSDAG
Week 1 |
Die omvang van die missie
|
DONDERDAG
Week 1 |
Die mense van die missie: dissipels
|
VRYDAG
Week 1 |
Die gereedskap van die missie
|
SATERDAG
Week 1 |
Die onverwagte plekke van die missie
|
Week 1
|
GROEPSTUDIE
Hierdie studie is bedoel vir groepe in julle kerk om saam te doen gedurende die week wat fokus op die missie van God.
|
WEEK 2
|
BEKEER
Na verlede week se fokus op God se missie en heerlikheid, is dit hopelik vir jou duidelik dat jy dikwels op jou eie missie is vir jou eie eer of behoud sonder Jesus. Daar is dus waarskynlik dinge waarvan jy jouself moet bekeer, maar bekering is glibberig. Ons harte is so misleidend en selfregverdigend dat dit vir ons baie moeilik is om ons werklike sondes te sien, maar tog baie maklik om dié van ander te sien. Jy hou waarskynlik nie op die oomblik daarvan om te hoor dat jy moontlik jouself van iets moet bekeer nie. Ons is bang vir eerlike selfondersoek, om dan ons vuil gemors te sien en op te kyk in die veroordelende oë van God. Ons is bang om ons lewens te verloor. Maar hierin lê die skoonheid van die evangelie. As ons opkyk na God in eerlike belydenis ... sien ons eerder die barmhartige oë van God as gevolg van Christus se voldoende werk op die kruis. Dan eers begin jy iets te lewe wat baie meer vervullend is as waarop jy jouself op spandeer het tot nou toe. (HK Son. 33) Ondersoek jou hart eerlik, bid vir duidelikheid oor jou sonde, bring jou selfgesentreerdheid na die lig van die kruis en ontdek die oorweldigende vreugde van nuwe lewe vir God in die lig van die evangelie. |
Week 2
|
PREEKWENKE
Hier is 'n paar nuttige tekste en wenke vir prediking oor bekering: Niks om te bely nie?
Soek jy lewe in sonde, in reëls of in Christus?
Konflik, trots, wêreldsgesind... en die pad terug
Die verhaal van die ongesonde kerk
Stukkend genoeg?
|
MAANDAG
Week 2 |
Kry jou vreugde in die Woord: Christus!
|
DINSDAG
Week 2 |
Wie is die baas?
|
WOENSDAG
Week 2 |
Outomatiese of persoonlike geloof?
Verdere leeswerk: Matt 25: 31-46; Jak 2: 14-26; HK Son 23 V&A 60; HK 31 V&A 84 |
DONDERDAG
Week 2 |
Sit jy terug?
Verdere leeswerk: 1 Kor. 12; 1 Pet 4:10; NGB Art 28; HK Son 21 V&A 55 |
VRYDAG
Week 2 |
Vyandliefde
|
SATERDAG
Week 2 |
Vergifnis van sondes is nie goedkeuring van sondes nie.
|
Week 2
|
GROEPSTUDIE
Hierdie studie is bedoel vir groepe in julle kerk om saam te doen gedurende die week wat fokus op bekering.
|
WEEK 3
|
GEBED
Gesprek is nodig vir enige verhouding om te groei. Ook vir ons verhouding met God. 'n Egpaar wat nie met mekaar praat nie sal 'n swak en verbrokkelende verhouding hê. Ons hoor God in Sy Woord en om tot God te bid is om terug te kommunikeer. Gebed is daarom om God self teë te kom. Gebed is nie net om God vir dinge te vra nie. Ons sien selfs hoe Jesus gereeld weg van die skare tyd alleen spandeer saam met Sy Vader in gebed. Miskien is dit die beginpunt vir ons in die herstel van ons gebedslewe. Om doelbewus tyd alleen te spandeer sonder selfone, tv’s, radio's, musiek of ander mense. Bid hardop, dit kan jou help om jou aandag te fokus. Hou 'n gebedslys. Bid saam met ander. Iemand het eenkeer gesê: "Ons behoort die verstomming te ken om sy heerlik te prys, die teerheid te beleef as ons sy genade weer sien, en die stryd om afhanklik sy hulp te vra – al hierdie dinge kan daartoe lei dat ons die werklikheid van sy teenwoordigheid ken.” |
Week 3
|
PREEKWENKE
Hier is 'n paar nuttige tekste en wenke vir prediking oor gebed: Eerste dinge eerste!
Christus se gawes word kragtig deur gebed
|
MAANDAG
Week 3 |
Ons Vader, brood, vergewe en beskerming
|
DINSDAG
Week 3 |
Na die gebed?
|
WOENSDAG
Week 3 |
Gebed en wêreldsheid
|
DONDERDAG
Week 3 |
Smeking en dank verseker vrede
Daar sal altyd redes wees vir kommer. Maar daar is ook altyd dinge om voor dankbaar te wees. Ons het die Here dringend nodig, maar ons het ook reeds sy seën op baie ander maniere. Om beide in my gebede te noem help my om te besef dat Hy reeds aktief is in my lewe. Hy ken my behoeftes en weet wat vir my goed is. Dit blus die vuur van angs. Ek kan rus in die feit dat die genade van Christus voldoende is elke keer wanneer my hart en gedagtes weer met my wil weghardloop. Hy hoor my bid, Hy het my ook reeds geseën met baie ander dinge ... en meer as dit, Hy het my verlos om sy eie te wees! ...Vrede! |
VRYDAG
Week 3 |
Volharding in uitreikgebed.
|
SATERDAG
Week 3 |
Intieme fokus van gebed
|
Week 3
|
GROEPSTUDIE
Hierdie studie is bedoel vir groepe in julle kerk om saam te doen gedurende die week wat fokus op gebed.
|
WEEK 4
|
GROEI
Om die liggaam van Christus te laat groei moet begin word met die groei van die individuele lede van die liggaam in Christus. Dit is nie 'n stelsel wat moet groei nie. Mense moet groei gewortel in Christus (Kol 2: 7). Jy het nodig om te groei. Waarin moet jy groei? Liefde wat spruit uit 'n rein hart, 'n goeie gewete en 'n opregte geloof (1 Tim 1: 5). Ons gedagtes, harte, gesindhede en dade moet gevorm word tot die beeld van Christus deur die werk van God se Woord en Gees. Dit is waaroor die opdrag van Jesus gaan om sy dissipels (vakleerlinge) te word. Mense op God se missie wat Jesus se pad en manier navolg. Mense wat na Jesus luister en in praktiese geloof alles oefen wat hulle geleer het. Langs hierdie pad van individuele groei en gehoorsaamheid aan Christus in my keuses en prioriteite, gebruik Hy my ook om ander weer dissipels van Hom te maak. Dit lei daartoe dat kerke groei: in diepte, in gesondheid en met God se seën in getalle. Dít als dra by tot die heerlikheid van God, wat in staat is om dooie selfsugtige sondaars soos ek nuwe lewens te gee in diens van Christus (Ef. 2: 1 + 10). |
Week 4
|
PREEKWENKE
Hier is 'n paar nuttige tekste en wenke vir prediking oor groei: 'n Vakleerling van Jesus
Klip in die water
Dan in Samaria - waar jy nie graag sou wou gaan nie Aan die hele wêreld - waar jy niks van niemand af weet nie
|
MAANDAG
Week 4 |
Bly in Jesus!
|
DINSDAG
Week 4 |
God se bestemming met jou
|
WOENSDAG
Week 4 |
Groei verg moeite
|
DONDERDAG
Week 4 |
Jesus lei jou na ander mense toe
|
VRYDAG
Week 4 |
Jou rol in die liggaam van Christus
|
SATERDAG
Week 4 |
Moeg en seer?
|
Week 4
|
GROEPSTUDIE
Hierdie studie is bedoel vir groepe in julle kerk om saam te doen gedurende die week wat fokus op groei.
|
WEEK 5
|
TOERUS
Wat 'n wonderlike voorreg vir elke dissipel om te dien in die missie van God! Maar wie sal hulle ondersteun, aanmoedig, gids, lei, help, leer, onderrig, mentor, afrig en toerus om Christus met hul lewens in hul gemeenskappe te volg? Om die deelname van elke lid met hulle gawes te verbeter? Almal is geroep om te dien maar Jesus het spesifiek ouderlinge (predikante ingesluit) en diakens geroep om die dissipels toe te rus vir hulle werk waardeur die liggaam sal groei. Hierdie mense is nie verkies om die 'kerk-werk’ namens die res te doen nie. Ouderlinge en diakens se doel is die volwassenheid van die dissipels. Ouderlinge begelei lidmate om hulle oë op Christus te hou en so te groei tot volwassenheid in hulle dissipelskap en diakens begelei lidmate om hulle oë op Christus te hou en so te groei tot volwassenheid in hulle dienswerk. |
Week 5
|
PREEKWENKE
Hier is 'n paar nuttige tekste en wenke vir prediking oor toerusting: Almal het 'n gawe (geskenk)
Jou gawe is nie jou gawe nie
Jou volwassenheid in Christus - die doel van leraars, ouderlinge en diakens
|
MAANDAG
Week 5 |
Wat het jy gekry?
|
DINSDAG
Week 5 |
Ongelukkig met wat jy ontvang het?
|
WOENSDAG
Week 5 |
Wat het jy nodig?
|
DONDERDAG
Week 5 |
Jou verhouding met jou ouderling(e)
|
VRYDAG
Week 5 |
Jou verhouding met jou diaken(s)
|
SATERDAG
Week 5 |
Woord en Sakramente
|
Week 5
|
GROEPSTUDIE
Hierdie studie is bedoel vir groepe in julle kerk om saam te doen gedurende die week wat fokus op toerus.
|
WEEK 6
|
INRIG
Die grondwerk is nou gedoen om jou duidelikheid te gee oor God se missie vir die kerk. Dit is om Homself in jou gemeenskap te verheerlik soos jy Christus gehoorsaam volg onder leiding van sy Gees. Soos op baie terreine van die lewe ontwikkel ons met verloop van tyd gewoontes en maniere van doen wat nie meer hierdie missie behulpsaam ondersteun nie. Planne, gewoontes en strukture wat dalk in die verlede goed gewerk het is dalk nie meer so effektief nie. Als werk ook nie noodwendig in elke konteks nie. Hierdie dinge kan selfs struikelblokke word. God se waarheid het nie verander nie, maar ons land, kulture en gemeenskappe is altyd aan die verander. Ons behoort voortdurend te hervorm (semper reformanda) en ons bedieningstyle, strukture en stelsels beter inrig om ons missie beter te dien. Om ʼn kerk se bediening beter in te rig en te belyn kan beteken dat 'n paar veranderinge in jou kerk kan volg. Meestal maak verandering ons bang en onseker. Maar vind jou enigste troos in Jesus Christus om jou kerk getrou te lei eerder as om valse troos in bekende strukture en gewoontes te soek. |
Week 6
|
PREEKWENKE
Hier is 'n paar nuttige tekste en wenke vir prediking oor die inrig van bediening: Laat ons oorweeg!
"laat ons die belydenis van ons hoop styf vashou sonder huiwering v23” ‘'laat nadink oor mekaar tot stimulering van liefde en goeie dade v25”
Dink!
|
MAANDAG
Week 6 |
Pasop!
|
DINSDAG
Week 6 |
Jou énigste troos?
|
WOENSDAG
Week 6 |
Ware godsdiens?
|
DONDERDAG
Week 6 |
Verskillende benaderings tot die Christelike lewe en bediening
|
VRYDAG
Week 6 |
Lewe in liefde en vrede
|
SATERDAG
Week 6 |
Wat van die ander?
|
Week 6
|
GROEPSTUDIE
Hierdie studie is bedoel vir groepe in julle kerk om saam te doen gedurende die week wat fokus op inrig.
|