HOOFNUUS: Ons stel bekend:
DIE GESONDHEID EN GROEI PROSES
Expando het 'n gids ontwikkel om jou stap vir stap te help met die bestuur van ‘n proses vir gesondheid en groei in julle gemeente. Dit bied nie ‘n model nie. Daar is nie ‘n program nie. Ons stel hier ‘n praktiese proses voor vir gemeente gesondheid en groei waardeur enige gemeente kan gaan, ongeag jou benadering tot bediening.
EXPANDO IS HIER OM JOU GEMEENTE BY TE STAAN!
Expando is beskikbaar met advies en leiding regdeur die hele Gesondheid en Groei proses.
Verder kan Expando ook met die volgende help:
Verder kan Expando ook met die volgende help:
- Expando skakel met NCD en voorsien vraelyste en 'n konsepdekbrief vir julle gemeente.
- Expando kan ook addisionele leesmateriaal in Afrikaans voorsien.
- Expando kan help met die indien van die vraelyste by NCD.
- Expando hou julle verantwoordbaar vir julle vordering elke drie maande.
- Expando kan julle in kontak plaas met ander gemeentes of predikante wat vertroud is met die proses en by wie julle kan kers opsteek.
- Behalwe die Gids en hierdie bystand, ontwikkel Expando ook kort videos en word plakkate gedruk wat gebruik kan word om gemeentes bewus te maak van die proses en die behoefte daartoe aan te wakker.
HOE KAN GEMEENTES BETROKKE RAAK?
Deur eenvoudig vir Dr. Malan van Rhyn te kontak per selfoon: 082 858 0538
of deur middel van 'n epos: [email protected]
of deur middel van 'n epos: [email protected]
IS DIE MATERIAAL REEDS BESKIKBAAR?
Inderdaad! Gaan terug na die EXPANDO bladsy en klik dan op die HULPMIDDELS knoppie. Of klik sommer hier op HULPMIDDELS en spring direk soontoe.